Maand: Maart 2018

Onbeskaamde Lojaliteit

Sportentoesiaste hou daarvan om hulle span se lof te besing. Hulle dra logo’s, plaas boodskappe op Facebook, praat met vriende oor hul span en laat geen twyfel waar hulle lojaliteit lê nie. My eie Detroit Tigers se kepse, hemde en gesprekke wys dat ek daar is saam met die met dieselfde lojaliteite.

Ons sportlojaliteite kan ons herinner dat ons mees…

Lei My Na Die Rots

Terwyl ek vir ’n bevogtiger gesoek het, was daar ’n ouer dame wat op en af in die gang stap. Ek het gewonder of sy ook een soek, en het opsy gestaan, dat sy kon verbygaan. Kort daarna het ons oor ’n virus in ons area gesels, wat haar ’n nare hoes en kopseer besorg het.

Sy het uitgebars in…

Direkte Opdragte

My tweede kind was gretig om in ’n “groot” bed by haar suster te slaap. Elke aand het ek Britta gaan toemaak met streng instruksies om in die bed te bly, anders sou ek haar terugsit in die bababed. Elke aand het ek haar in die gang gekry en my ontmoedigde liefling na die bababed teruggeneem. Jare later moes ek…

Wysheid Van Die Grysheid

’n Koerant in Singapoer het in 2010 ’n berig geplaas oor 8 senior burgers se lewenslesse. Dit het begin: “Terwyl oudword uitdagings bring vir liggaam en verstand, kan dit lei tot wyer kennis op ander gebiede. Daar is ’n oorvloed van emosionele en sosiale kennis; kwaliteite wat deur wetenskaplikes beskryf word as wysheid ... die wysheid van ouer persone.”

Inderdaad…

Totsiens Vir Nou

Ek en my kleindogter Allyssa het ’n vasgestelde roetine wanneer ons groet. Met ons arms om mekaar huil ons met dramatiese snikke vir so twintig sekondes. Dan treë ons weg en sê: “Totsiens.” Ten spyte van ons lawwe speletjie verwag ons om mekaar gou weer te sien.

Maar soms kan die pyn van afskeid van dié vir wie ons omgee…

Soos ’n Kindjie

Die klein dogtertjie het uitbundig en grasieus met die musiek beweeg. Sy was die enigste een in die gang, maar dit het haar nie verhoed om te draai en swaai en haar voete te lig op die maat van die musiek nie. Haar glimlaggende ma het haar nie gekeer nie.

My gemoed het gelig en ek wou by haar aansluit…

Gras Of Genade

My vriend , Archie, het tuisgekom na sy vakansie en gesien sy buurman het ’n heining een en ’n half meter binne sy erf opgerig. Etlike weke het Archie met sy buurman probeer saamwerk om die heining te verwyder. Hy het selfs aangebied om helfte van die koste te dra, maar verniet. Archie kon die owerhede nader, maar het hiervan…

Wanneer God Ons Vervul

“Wat het ek gedoen?” Wat een van die opwindendste tye van my lewe moes wees was] een van die eensaamste. Ek het pas my eerste “regte” werk gekry, in ’n stad honderde kilometers weg van my tuisdorp. Die opwinding van die groot stap het gou vervaag. Ek het ’n klein woonstel gehad en geen meubels nie. Ek het nie die…

Kosbaar Vir God

Sy naam was Dawid, maar vir die meeste was hy maar net “die straat violis.” Dawid was ’n slordige ouer man, wat maar altyd daar was in gewilde gebiede in ons stad. Hy het verbygangers vermaak met sy besondere bedrewenheid met sy viool. In ruil daarvoor sou luisteraars soms ’n munt in die oop vioolkas gooi. Dawid sou glimlag en…

Foonsone

Een van die voordele van selfone is dat ons nou bykans onbeperkte toegang tot ander het. Baie mense praat egter nou op die foon of stuur boodskappe terwyl hulle bestuur – wat tot ernstige ongelukke kan lei. As voorsorgmaatreël, het verskeie plekke in die wêreld selfone se hantering deur bestuurders onwettig verklaar. In die VSA is spesiale selfoonsones waar bestuurders…